April 19, 2021

Man sedert begin van inperking in ‘spookdorpie’ vasgekeer

Die dorpie is deur Ghost Adventures, ’n TV-reeks, ondersoek en dié het getuig dat twee kinders wat in ’n kas vasgevang was, in die dorp spook.

Brent Underwood woon vir die afgelope 12 maande al in ’n verlate 'spookdorpie'.

Brent Underwood woon al vir die afgelope 12 maande in ’n verlate 'spookdorpie'.

KALIFORNIË. – Brent Underwood woon al vir die afgelope 12 maande in ’n verlate ‘spookdorpie’. Hy het aan die begin van die Covid-19-pandemie verlede jaar daar gaan woon en kon aanvanklik weens ’n sneeustorm en later weens die inperking nog nie weer die dorpie verlaat nie.

Die 32-jarige bemarker sê toe hy aanvanklik daar aangekom het, was hy in ‘n T-hemp en het hy homself geniet. “Toe sneeu dit vir vier dae aaneen en daar was geen manier vir my om hier uit te kom nie.”

Lees ook: KYK: ‘Dronk’ verkeersbeampte in Lydenburg-winkel

Underwood het Cerro Gordo, ’n ou myndorpie met ’n moorddadige geskiedenis, in 2018 gekoop. Hy het die dorpie aanvanklik net maandeliks besoek, terwyl iemand die res van die tyd na die dorpie gekyk het. Toe die oppasser egter in April 2020 by sy vrou op ’n ander dorp ’n draai wou gaan maak, moes Underwood die dorpie oppas.

Die dorpie is deur Ghost Adventures, ’n TV-reeks, ondersoek en dié het getuig dat twee kinders wat in ’n kas vasgevang was, in die dorp spook.

Lees ook: Ma en seun saam eerstejaars op universiteit

“Ek bly in ’n kamer saam met die kinderspoke, maar het hulle nog nie gesien nie,’ vertel Underwood aan New York Post. “Dinge beweeg rond, ek sien gordyne beweeg, ek hoor goed in die nag. Maar meeste van die tyd los ek die spoke en hulle los my.”

Underwood het ’n TikTok-rekening waarop hy volgelinge op hoogte hou van sy tyd in die dorpie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: