Hoof van poging tot moord aangekla na puttoilet-insident

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – ’n Oos-Kaapse skoolhoof word nou van poging tot moord aangekla na hy glo ’n leerling (11) gedwing het om by ’n puttoilet in te klim en sy selfoon wat hy daarin laat val het, uit te krap.

Kapt. Khaya Tonjeni, polisiewoordvoerder, sê die skoolhoof het eers vir die seun gesê om sy klere uit te trek waarna hy ’n tou aan die seun se bolyf vasgemaak en hom by die toilet laat insak het.

Lees ook: Ma en seun saam eerstejaars op universiteit

Die leerling is glo getraumatiseerd nadat ander leerlinge hom ná die voorval gespot het.

Die skoolhoof is ná die insident geskors en is Maandag in hegtenis geneem en verskyn na verwagting vandag in die landdroshof.

Lees ook: KYK: ‘Dronk’ verkeersbeampte in Lydenburg-winkel