OOS-KAAP. – ’n Laerskoolhoof wat na bewering ’n 11-jarige leerling in ’n puttoilet laat sak het om ’n selfoon wat daarin geval het, uit te haal, is geskors.
Die Oos-Kaapse departement van onderwys het gesê hy neem kennis van die voorval waartydens die leerling en ander aangesê is om na die selfoon te soek.
Lees ook: Ma en seun saam eerstejaars op universiteit
“Na ons daarvan in kennis gestel is en die voorval met die verskillende afdelings van die departement bespreek het, het ons die skoolhoof geskors hangende ’n voorlopige ondersoek.”
Fundile Gade, LUR van onderwys in die provinsie, sal na verwagting in hierdie week die leerling se huis besoek waar hy sal ‘om verskoning vra vir die aaklige manier waarop die skoolhoof die kind behandel het’. Die seun is glo getraumatiseerd oor sy mede-leerlinge hom ná die voorval daaroor gespot het.
Lees ook: SAPD en DBV red byna 100 donkies wat geslag sou word
Die voorval het aan die lig gekom na ’n lid van die gemeenskap ’n video van die voorval gemaak het en dit op sosiale media gedeel het.



