April 19, 2021

SAPD en DBV red byna 100 donkies wat geslag sou word

“Daar is gevind dat die donkies, insluitend vulletjies, op pad was na Lesotho waar hulle geslag sou word vir hulle velle.”

Die donkies, wat nou onder die sorg van die DBV is, het erge infeksies en wonde aan hulle lywe gehad. (Foto: NSPCA, Facebook)

Die donkies, wat nou onder die sorg van die DBV is, het erge infeksies en wonde aan hulle lywe gehad. (Foto: NSPCA, Facebook)

KwaZulu-NATAL. – Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het verlede week ongeveer 100 donkies wat vir hulle velle geslag sou word, gered.

Die NDBV het in ’n verklaring gesê hulle is Maandagaand van die vragmotor vol donkies in die Mooirivier-streek in KwaZulu-Natal in kennis gestel. Die Mooirivier-DBV en die polisie op Mooirivier is toe gekontak om die vragmotor voor te keer.

Lees ook: Hondjie deur kinders gemartel, soos vullis weggegooi

“Daar is gevind dat die donkies, insluitend vulletjies, op pad was na Lesotho waar hulle geslag sou word vir hulle velle.”

Die donkies, wat nou onder die sorg van die DBV is, het erge infeksies en wonde aan hulle lywe gehad.

Ses persone wat in die vragmotor was, is in hegtenis geneem.

Lees ook: Meisie (15) skiet verkragter dood terwyl hy haar verkrag

Die Kloof- en Hoofweg-DBV in Durban gaan 36 van die merries en vulletjies neem, terwyl die ander 63 donkies na die Johannesburgse DBV geneem sal word. Tot die donkies se eienaar opgespoor is, sal die DBV na hulle omsien.

Die donkievelle word glo gebruik om ’n tradisionele Chinese medisyne te maak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: