JOHANNESBURG. – Vincenzo Pietropaolo (65), ‘n voormalige tesourier by die Suid Afrikaanse Bank van Athene, wat sy pa (90) in sy slaap doodgeskiet het en later ook sy vrou vermoor het, is die week in die Johannesburg-hooggeregshof gevonnis.
Pietropaolo het sy pa in sy slaap doodgeskiet tydens ‘n insident wat almal aanvanklik geglo het ‘n mislukte huisroof was. Dieselfde jaar het hy ook sy vrou vermoor deur haar nege keer te skiet.
LEES OOK: Powerball-wenner wil graag maatskaplike werker word
Voormalige tesourier kry tronkstraf
Pietropaolo is op dieselde aand deur die gemeenskapspolisieforum (GPF) in hegtenis geneem nadat mense gerapporteer het dat hulle geweerskote gehoor het.
Pietropaolo is gister tot twee keer lewenslank plus 26 jaar tronkstraf gevonnis. Hy is reeds verlede jaar aan dubbele moord, roof met verswarende omstandighede, die onwettige besit van ‘n vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie, sowel as regsverydeling skuldig bevind. Die vonnise sal gelyktydig uitgedien word.
LEES OOK: Lotto-wenner wil werksgeleenthede in die gemeenskap skep
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



