April 18, 2021

Pasop! Hoekom jy nie iemand se gesig in ’n koek moet druk nie

Baksters kan ook tandestokkies en klein stukkies draad gebruik om versierings bo-op die koek vas te hou.

Pasop! Hoekom jy nie iemand se gesig in ’n koek moet druk nie

Pasop! Hoekom jy nie iemand se gesig in ’n koek moet druk nie Foto: QuirkyMom

WAARSKUWING: Foto in die artikel kan sensitiewe lesers ontstel.

Dit is altyd lekker om gek te skeer en meeste van die tyd is dit heeltemal onskuldig. Soms kan ‘n poets wat snaaks en onskuldig bedoel is, egter ’n fratsongeluk veroorsaak. Een vrou het daardie les geleer toe haar gesig as ’n grap in ’n verjaarsdagkoek gedruk is.

LEES OOK: Skoonma ruïneer bruid se groot dag

Koeke word gestabiliseer

Baksters sal soms koeke wat meer as een laag het met strooitjies of houtstokkies stabiliseer. Dit kan nie aan die buitekant van die koek gesien word nie, maar wanneer jy die koek sny, sny mens gewoonlik daarvan raak. Die stokkies of strooitjies word gewoonlik verwyder soos die koek gesny en geëet word.

Baksters kan ook tandestokkies en klein stukkies draad gebruik om versierings bo-op die koek vas te hou.

LEES OOK: Ma in hegtenis wat met kinders verdwyn

Oog amper uit

’n Vrou het amper haar oog verloor toe ’n vriend haar gesig in ’n verjaarsdagkoek gedruk het. Gelukkig vir haar het die stokkie net langs haar oog, amper by haar neus, ingesteek.

Dit kon veel erger gewees het.

Wees eerder versigtig en vind ‘n ander manier om die gek met jou familie of vriende te skeer. Om iemand se gesig in ’n koek te druk, kan veroorsaak dat daardie persoon hulle oog verloor, of selfs erger.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: