LIMPOPO. – Die Lotto-wenner wat R43 miljoen ryker is, wil ‘n gedeelte van sy geld gebruik om die gemeenskap te verbeter en werksgeleenthede te skep.
Die nuwe miljoenêr het sy kaartjie vir slegs R22,50 op die Nedbak-app gekoop.
LEES OOK: Lotto-wenner: Vrou wen na ’n maand wéér die Lotto
Die wenner het aan Ithuba, lotery-operateur, gesê hy gaan die geld gebruik om die besigheid, wat deur hom en sy pa besit word, uit te brei. Deur die besigheid groter te maak, kry hy die geleentheid om werksgeleenthede vir mense te skep.
Van sy geld wil hy ook gebruik om vir sy drie kinders die geleentheid te gee om verder te gaan studeer.
LEES OOK: Powerball-wenner wil graag maatskaplike werker word
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



