DURBAN. – Celente Janse van Rensburg (40) en haar twee kinders, Niané (1) en Lienke (2), wat op 2 Desember 2020 verdwyn het, is oor die naweek op Wartburg gevind. Janse van Rensburg is glo op twee aanklagte van bedrog in hegtenis geneem.
Bevestig aanklagte van bedrog
Kapt. Radebe, polisiewoordvoerder, het haar inhegtenisneming op aanklagte van bedrog bevestig. Janse van Rensburg verskyn vandag in die hof.
LEES OOK: TikTok pasta ‘hack’ – probeer dit
Terwyl sy met haar verloofde met vakansie was, het Janse van Rensburg na bewering ’n bejaarde man aanlyn ontmoet. Sy het glo besluit dat sy en haar twee klein kinders by hierdie persoon sou bly.
Kinders veilig
Die polisie het haar op 12 Maart 2021 opgespoor en sy is in hegtenis geneem. Die twee klein kindertjies is in die sorg van hul ouma op Bultfontein geplaas en is ongedeerd en veilig.
LEES OOK: Verstaan jou geliefde se trauma



