Verstaan jou geliefde se trauma

Deel hierdie storie / Share this story

Dit is bitter belangrik om jou geliefde se trauma te verstaan. Almal ervaar trauma op ’n ander manier en verwerk dit ook anders. Wanneer jy jou geliefde se trauma en ervaring daarmee verstaan, kan jy hom of haar beter liefhê.

Geliefde se trauma van ’n gebreekte hart

Iemand wie se hart baiekeer gebreek is, benodig ’n spesiale soort teerheid. As jou geliefde iemand is wat in die verlede emosioneel beskadig is, moet jy ekstra versigtig wees. Hy of sy sukkel waarskynlik met probleme waarvan jy geen idee het nie en daarom sal jy ook baie geduldig moet wees. As maat is jy die persoon wat hom of haar kan help op die reis om trauma te oorkom.

LEES OOK: Sarah Everard se oorskot in sak gekry

Jy kan jou liefde die krag en bemoediging gee om nooit op te hou om vir genesing te veg nie.

Hier is ’n paar wenke om jou geliefde se trauma te verstaan:

  • Ken mekaar se sterk en swak punte.
  • Skep ’n veilige omgewing waar albei hulle onsekerhede openlik kan bespreek.
  • Moenie oordeel nie.
  • Probeer verstaan.
  • Plaas jouself in sy of haar skoene.
  • Stel jou geliefde gerus.
  • Verseker jou geliefde jy gaan nêrens nie.
  • Wees opreg.
  • Verbind op ’n emosionele vlak.
  • Wees daar vir die goeie en die slegte tye.
  • Weet wanneer om professionele hulp in te roep: Onthou, jy kan nie iemand van sy of haar trauma genees nie, jy kan net bystand bied.

LEES OOK: TikTok pasta ‘hack’ – probeer dit