AstraZeneca het Sondag gesê hulle het ‘n ondersoek met 17 miljoen mense gedoen wat met AstraZeneca se Covid-19-entstof ingeënt is en niemand het bewyse van ‘n verhoogde risiko vir bloedklonte getoon nie.
”Almal wat deel gevorm het van die ondersoek is vroeër met die AstraZeneca-entstof ingeënt en niemand het ‘n verhoogde risiko vir longembolie, diep veneuse trombose of trombositopenie in enige ouderdomsgroep, geslag of in ‘n spesifieke land getoon nie, ” lui die verklaring wat deur AstraZeneca uitgereik is.
LEES OOK: ‘Popeye’ ondergaan operasies om arms weer normaal te laat lyk
AstraZeneca in baie lande gestaak
Dit volg nadat Thailand ook soos Denemarke, Noorweë en Ysland besluit het om eers die inentings met die AstraZeneca-enstof te staak. Denemarke en Noorweë se rede vir die staking is glo oor gerugte van blondklonte die rondte gedoen het.
Thailand se premier en lede van die kabinet het ook nie soos beplan die naweek hulle inentings ontvang nie, omdat die veiligheid daarvan eers ondersoek gaan word.
Voordele is groter
Kanada en Australië gaan steeds voort met die toediening van die AstraZeneca-enstof. “Ons is bewus van die bewerings, maar ons burgers moet weet die voordele van die entstof oorskry enige risiko,” het Kanada in ‘n verklaring gesê.
LEES OOK: Aanranding van meisie (12) – foto’s wys beweerde misdaad
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



