Michiel Kühn: UK reageer op gerugte van topmatrikulant wat ‘weggewys is’

Deel hierdie storie / Share this story

Gerugte van Michiel Kühn, ‘n leerling wat verlede jaar met uitstekende resultate aan Paul Roos Gimnasium gematrikuleer het, maar nie by die Universiteit van Kaapstad se mediese fakulteit aanvaar is nie, het baie sosialemediagebruikers oor die naweek woedend gehad.

Kühn spog met ‘n gemiddeld van 96% en het onderskeidings in al sy vakke gekry.

Lees ook: Bishops ‘verkragtingsvideo’ van 15-jarige – leerlinge word vervolg

Michiel Kühn nié weggewys

Die universiteit het intussen ‘n verklaring uitgereik waarin na die gerugte verwys word.

Volgens die verklaring is Kühn in September 2020 alreeds ‘n voorwaardelike plek by die universiteit aangebied, maar het hy die aanbod nie van die hand gewys óf aanvaar nie.

Toe hy aan die einde van 2020 ‘n FPS-punt van 582 behaal het, is hy ‘n gewaarborgde plek aangebied. ‘n Senior professor van die universiteit se mediese fakulteit het hom gebel en tydens die oproep het Kühn gesê dat hy nie die aanbod aanvaar nie, omdat hy ‘n aanbod om by ‘n ander universiteit te studeer, aanvaar het.

Lees ook: Kaalgat deur die Kaap vir Moeder Aarde en ‘body positivity’

E-pos nie op Kühn van toepassing

Die skermgreep van die e-pos wat in die plasing oor Kühn op Facebook gedeel is, is ook volgens die universiteit ‘n generiese e-pos. Dit is van toepassing op alle leerlinge wat nié die universiteit se aanbod aanvaar het nie.

“Die fakulteit sal aandag gee aan die taalgebruik in e-posse om seker te maak dit is gepas vir spesifieke studente en nie generies nie.”

https://www.facebook.com/249627092969/posts/10159008191897970/?sfnsn=scwshmo