KAAPSTAD. – Die leerlinge van Bishops Diocesan College in Kaapstad wat die video gemaak het van ‘n 15-jarige seun wat “verkrag” word, gaan dissiplinêr vervolg word.
Bishops reik verklaring uit
Die spogskool het luidens ‘n verklaring die omstandighede rondom die video, wat wyd op sosiale media versprei is, deeglik ondersoek.
Die video wys die “verkragting” van ‘n huilende seun, terwyl ander leerlinge laggend die daad aanmoedig.
Lees ook: Kaalgat deur die Kaap vir Moeder Aarde en ‘body positivity’
Nooit regtig verkrag nie
Lebogang Montjane, uitvoerende direkteur van die Independent Schools Association of South Africa, het Sondag bevestig daar het nooit werklik ‘n verkragting plaasgevind nie.
Die skool het vroeër gesê daar is “inligting wat daarop dui dat die beweringe wat op sosiale media gemaak is, vals is en die kinders wat daarby betrokke is, skade kan aandoen”.
Alhoewel die skool volgens Montjane na ‘n deeglike ondersoek vasgestel het die seuns het dit as ‘n grap gedoen, beskou die skool dit steeds in ‘n baie ernstige lig.
Lees ook: Duduzane Zuma sê hy wil president Cyril se plek inneem
Verder het die skool ‘n beroep gedoen op die publiek om die video nie verder te versprei nie.
Nodige stappe sal geneem word
Debbie Schäfer, die Wes-Kaapse LUR van onderwys, het gesê die beweringe is ernstig en kommerwekkend en die nodige stappe sal geneem word teen die skuldiges, asook dié wat die video geneem én versprei het.



