NELSPRUIT. – Die beweerde aanranding van ‘n meisie (12) hier het aan die lig gekom nadat foto’s van die meisie se gekneusde gesig op sosiale media versprei het.
Die polisie in Mpumalanga het twee verdagtes in hegtenis geneem, ‘n man (30) en sy ma (52), na foto’s ‘n meisie (12) wat kneusplekke aan haar gesig wys, wyd op sosiale media gedeel is.
“Op Saterdag 6 Maart 2021 het die verdagtes, Siphosethu Sean Nkuna, sowel as sy ma, Beauty Mercy Nkosi, die meisie na bewering aangerand. Die polisie het dadelik gereageer nadat die saak deur die slagoffer aangemeld is,” sê Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder.
Beweerde aanranding op foto’s vasgelê
Die polisie het die meisie daarna na die hospitaal vir mediese ondersoeke geneem. ‘n Saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer, is namens haar geregistreer.
Die verdagtes het reeds in die plaaslike landdroshof op Albert Luthuli verskyn en hulle het albei borgtog gekry. Hulle sal weer op 15 April 2021 verskyn.
LEES OOK: Video op sosiale media wys hoe onderwyseres na bewering rondgeruk word
EES OOK: ‘Popeye’ ondergaan operasies om arms weer normaal te laat lyk
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



