KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou het oorleef nadat sy 4 m tydens haar staptog in die Krantzkloof-natuurreservaat geval en ernstige beserings opgedoen het.
“Verslae dui daarop dat die volwasse vrou gegly het terwyl sy op die paadjie geloop het. Sy het 4 m ver geval en op haar rug geland,” sê Shawn Herbst, Netcare 911 se woordvoerder aan FiNDiT.
Ruggraatbeserings na vrou val oorleef
Netcare 911 het op die toneel aangekom en met KwaZulu-Natal-wildbewaarders, RescueTech, Ethekwini-brandweer- en reddingsdienste en Marshall-sekuriteit gesels om ‘n aksieplan te bespreek.
LEES OOK: Covid-simptome: Hoe lank het dit geneem voor jou simptome weg was?
“Na ‘n lang en moeilike staptog oor rowwe terrein het redders die dame diep binne die natuurreservaat gevind.”
Die vrou is op die toneel ondersoek en het glo ruggraatbeserings opgedoen. Haar frakture is op die toneel deur ‘n paramedikus van Netcare 911 behandel. Die Netcare 911-helikopter/lugambulans is ontbied om die pasiënt na ‘n hospitaal vir die nodige sorg te vervoer.
LEES OOK: Vermiste katjie toe al die tyd agter muur vasgemessel
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



