AMERIKA. – ‘n Familie van hier wat verlede jaar Maart positief vir Covid-19 getoets het, sê almal van hulle, veral die kinders, ondervind nog steeds Covid-simptome.
Familie ondervind verskillende Covid-simptome
Die familie bestaan uit Charlie (37), haar man Zed (41) en hul vyf kinders – Nico (15), Beck (12), Indiana (10), Emmett (8) en Mimi (5). SkyNews berig die familie ondervind steeds hoofpyn, oogprobleme, neusbloeding, veluitslag, erge buikpyne, maagprobleme, voortslepende lusteloosheid, allergiese reaksies, afskilferende hande, voete en mondsere. Hulle sê alhoewel die simptome baie verskillend is, het dit betrekking op die virus.
Steeds kortasem en borspyne
Emmet en Indiana is ook nog met tye kortasem. Dit gebeur soms as hulle snags slaap of wanneer hulle oefen. Van die familielede kla ook van steekpyne in die bors, al sit hulle net en kyk televisie.
Charlie sê die situasie is baie stresvol – fisies sowel as geestelik, al is daar ondersteuningsgroepe beskikbaar. Die ouers is bang vir die permanente nagevolge wat die virus op hulle lewens kan hê.
LEES OOK: AstraZeneca sê: ‘Geen bewyse van verhoogde bloedklontrisiko’
LEES OOK: Video op sosiale media wys hoe onderwyseres na bewering rondgeruk word
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



