Magnetiese oogomlyner en wimpers – is die gebruik daarvan veilig?

Deel hierdie storie / Share this story

Die gebruik van vals wimpers is ’n baie gewilde neiging, maar die aansit daarvan is ’n nie altyd maklik nie. Talle mense sukkel om die wimpers op hul boonste ooglede vas te plak. Gelukkig is daar ’n alternatiewe produk wat die prosses behoort te vergemaklik. Magnetiese oogomlyner en wimpers is ‘n gier wat besig is om toe te neem.

Volgens Healthline bevat hierdie oogomlyner klein magnetiese partikels. Die wimper heg baie maklik aan die ooglid vas danksy die magnetisme.

Die newe-effekte van magnetiese oogomlyner en wimpers

Hierdie produk word as veilig deur maatskappye wat dit verkoop, geag, maar nes talle ander produkte is daar ’n risiko vir allergieë en selfs ook infeksies. Goeie higiëne is dus van die uiterste belang.

Maak seker dat jy nie die magnetiese oogomlyner of wimper gebruik as jy vir ’n magnetiese resonansbeelding (MRI) gaan nie.  Volgens Everydayhealth maak ’n MRI gebruik van ‘n magnetiese veld en trek dus alle magnete aan. Dit sal ’n ernstige gesondheidsrisiko skep.

Die versuim om die produk presies reg op die ooglid te plaas, kan veroorsaak dat dit wegskuif en die kornea van die oog beskadig.

Die produk kan ook die oog se oliekliere verstop en daarom moet dit slegs op die wimperlyn aangewend word.

Daar is ‘n moontlikheid dat die magnetiese wimpers jou regte wimpers kan beskadig. Dit kan die regte wimper skeur of die haarfollikel beskadig. Lees en volg die instruksies noukeurig voor die produk verwyder word.

Vervang die produk elke drie maande

Nes enige ander oogomlyner moet jy die produk vervang na drie maande se gebruik. Dit is om te keer dat die bakterieë wat in die botteltjie groei nie jou oë affekteer nie.

Tog word die magnetiese produk as veiliger beskou as ander produkte, wat die gebruik van skadelike gom behels.

Lees ook: Sappige en smullekker beesstertresep van Beefmaster