BRAAMFONTEIN. – Vier polisiebeamptes is Maandag in hegtenis geneem na die dood van die 35-jarige Mthokozisi Ntumba in Braamfontein.
FiND iT het voorheen berig Ntumba is doodgeskiet toe die polisie besig was met ’n poging om Wits-studente wat betoog het, uitmekaar te hou. Hy was op pad huis toe na hy ’n kliniek besoek het en was nie deel van die betogings nie.
Die vier beamptes sal Woensdag 17 Maart in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklagte van moord.
Lees ook: Bishops ‘verkragtingsvideo’ van 15-jarige – leerlinge word vervolg



