KAAPSTAD. – Gerrit (39) en Sunell (35) Moss van Tableview was raadop toe Gina, hulle 18 maande oue katjie, spoorloos verdwyn het. Hulle het ‘n boodskap oor hulle vermiste katjie oral op Facebook geplaas.
Hulle vertel aan Rapport daar was ‘n gaatjie in die muur wat deur die loodgieters gemaak is toe hulle die lekplek onder die bad herstel het. Die loodgieters het die gaatjie kans gegee om droog te word voordat hulle dit sou toemessel.
Vermiste katjie agter die muur
Gina was twee dae weg en haar eienaars was dood van bekommernis. Dis toe hulle besluit om die huis so stil as moontlik te maak sonder enige geraas en na die kat te roep, word daar verder berig. Enigiets wat moontlik ‘n geraas kon veroorsaak, is afgeskakel.
Gerit en Sunell het dadelik krapgeluide gehoor. Dis toe hulle besef klein Gina is in die badkamer agter die muur toegemessel. Sy was waarskynlik daar binne toe die loodgieters die gat toegmaak het.
Gerrit het dadeik die gat begin oopkap en Gina is daarbinne gevind.
Bron: Rapport
LEES OOK: AstraZeneca sê: ‘Geen bewyse van verhoogde bloedklontrisiko’
EES OOK: Aanranding van meisie (12) – foto’s wys beweerde misdaad
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



