‘Lig jou ken en ken jou Lig’ nou op skool se muur

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMFONTEIN. – Hoër Meisieskool Oranje het besluit om hulle hoofmeisie se boodskap, wat duisende mense geraak het, op ‘n muur in een van die gange by die skool aan te bring.

https://www.facebook.com/562635253922892/posts/1593632690823138/?sfnsn=scwshmo

Magé Troskie het in ‘n oogwenk bekend geraak vir die spesiale boodskap wat sy aan die gr. 8-leerlinge met haar skool se opening oorgedra het.

Lees ook: Michiel Kühn: UK reageer op gerugte van topmatrikulant wat ‘weggewys is’

Die skool het ‘n video van haar toespraak op Facebook gedeel en dit is dadelik aangestuur en deur duisende mense gekyk.

Sy het glo aanvanklik gesukkel om die regte boodskap te kry. “Ek het later met my hande in my hare gesit en gestres oor wat ek die volgende dag in my boodskap gaan sê. Toe ek opkyk en my ken lig, toe kom die boodskap van ‘Lig jou ken en ken jou Lig’ by my op.”

Kyk hier na die toespraak.

Lees ook: Bishops ‘verkragtingsvideo’ van 15-jarige – leerlinge word vervolg