BLOUWATERBAAI. – ‘n Seun (13) is Saterdag in die badkamer van ‘n huis op Blouwaterbaai gevind na hy glo by die huis ingebreek het.
Die polisie se K9-eenheid het om ongeveer 11:30 Saterdagoggend saam met ‘n sekuriteitsmaatskappy by die huis, waar die alarm afgegaan het, ondersoek gaan instel.
Lees ook: Bishops ‘verkragtingsvideo’ van 15-jarige – leerlinge word vervolg
Cylo, die polisiehond, het die huis binnegegaan. Hy het dadelik na die badkamer in die huis gehardloop, waar die seun in die stort weggekruip het.
Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het hulle sakke vol gesteelde goedere by die seun gekry.
Dis huiseienaar was nie tuis nie. Die tienerverdagte is in die toesig van ‘n familielid vrygelaat en sal op 23 Maart in die kinderhof verskyn.
Lees ook: Michiel Kühn: UK reageer op gerugte van topmatrikulant wat ‘weggewys is’
Speurders is nog op soek na twee ander verdagtes.



