Ma en seun saam eerstejaars op universiteit

“Daar is darem nie net nadele om jou ma naby jou op kampus te hê nie,” lag Janu. “Sy is lekker naby genoeg om vir my middagete te koop!”

Janu en Susan Fouché. (Foto: Venessa van der Westhuizen, Potchefstroom Herald)

Janu en Susan Fouché. (Foto: Venessa van der Westhuizen, Potchefstroom Herald)

POTCHEFSTROOM. – Janu Fouché (18) en sy ma, Susan Fouché (43) is vanjaar beide eerstejaarstudente aan die Noordwes-universiteit in Potchefstroom.

Janu, wat verlede jaar met vyf onderskeidings aan die Hoër Volkskool Potchefstroom gematrikuleer het, was baie verbaas toe sy ma hom vertel sy is vanjaar saam met hom ’n eerstejaar by die NWU.

Lees ook: KYK: ‘Dronk’ verkeersbeampte in Lydenburg-winkel

Janu sê hy sien baie uit daarna om sy studies in rekenaar- en elektroniese ingenieurswese te begin en alhoewel meeste studente juis universiteit toe wil gaan om ’n bietjie verder van Ma en Pa af te kom, is hierdie geval presies die teenoorgestelde.

“Janu was baie verbaas, maar gelukkig nie geskok nie,” vertel Susan aan Potchefstroom Herald oor die dag wat sy hom vertel het dat sy saam met hom ’n student gaan wees. Susan het in 2001 haar honneursgraad in verbruikerswetenskap voltooi en is dus nou vir die tweede keer ’n student by die universiteit. Sy begin vanjaar met haar graad in maatskaplike werk.

Lees ook: ‘Lig jou ken en ken jou Lig’ nou op skool se muur

“Daar is darem nie net nadele om jou ma naby jou op kampus te hê nie,” lag Janu. “Sy is lekker naby genoeg om vir my middagete te koop!”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *