April 18, 2021

Freddie is desperaat om sy vrou met Alzheimer-siekte te vind

KAAPSTAD.- Freddie Jantjies het op Valentynsdag sy 78-jarige vrou, Lorraine by die huis gelos toe hy sy medikasie vir prostaatkanker by ’n kliniek gaan haal het.

KAAPSTAD.- Freddie Jantjies het op Valentynsdag sy 78-jarige vrou, Lorraine by die huis gelos toe hy sy medikasie vir prostaatkanker by ’n kliniek gaan haal het.

KAAPSTAD.- Freddie Jantjies het op Valentynsdag sy 78-jarige vrou, Lorraine, by die huis gelos toe hy sy medikasie vir prostaatkanker by ’n kliniek gaan haal het. Lorraine, wat aan Alzheimer-siekte ly, was weg toe hy by die huis terugkom.  

Volgens IOL het Jantjies nou slaaplose nagte en wonder wat met haar kon gebeur het. “Jy dink nooit dit sal met jou gebeur nie. Dit is dinge waaroor ek altyd gelees het, so dit is baie moeilik om te aanvaar. Op daardie dag omstreeks 09:00 het ek die huis verlaat.”

“Ek het haar aangesê om nêrens heen te gaan nie, want sy wil graag loop. Ek het ‘n bietjie langer in die kliniek geneem as wat ek gedink het en toe ek terugkom, was sy weg.”

Freddie Jantjies vertel hulle is 26 jaar getroud is en sy hart is baie seer is. Hy beskryf Lorraine as sy alles en sê na so ‘n lang getroude lewe word ’n mens meer as net man en vrou.

Die Jantjies-egpaar het drie jaar gelede vanaf Driewaterskloof in Johannesburg na Genadendal verhuis nadat hulle alles, insluitend hul huis, verloor het.

 Jantjies sê hy wonder of dit die regte besluit was, want sy vrou is nie gelukkig hier nie. “Nadat ons getrek het, het sy baie anders geraak. In Johannesburg het sy vriende gehad en daar was fasiliteite vir haar. Hier is niks nie.”

Lorraine Jantjies het ’n ligte gelaatskleur en rooi en grys hare. As enigiemand haar gewaar, kontak asseblief vir Adams by 083 445 9787.

Lees ook: Verpleegsters sê glo ma is mal na pasgeborene op vloer val

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: