Verpleegsters sê glo ma is mal na pasgeborene op vloer val

Foto: Times Live

JOHANNESBURG.-. ’n Pasgebore baba het glo op die hospitaalvloer beland terwyl sy ma vir hulp geskree het. 

Philisiwe Mabena (23) sê sy het gesmeek vir hulp by die Suid-Rand-hospitaal. Volgens Times Live het die jong ma ’n saak van nalatigheid en aanranding by die polisie gaan oopmaak.  “Ek het geskree en om hulp gevra, maar niemand het gekom nie. Ek het aangehou om vir hulp te pleit en gesê die baba se kop is uit, maar niemand het kom help nie”. Sy sê sy onthou hoe haar baba op die vloer geval het reg voor sy haar bewussyn verloor het.

Mabena sê daarna was sy baie sleg hanteer deur die hospitaalpersoneel omrede sy woedend was vir die gebrek aan versorging wat sy ontvang het. Die personeel het gesê sy is mal en ’n gevaar vir haar pasgebore baba. ’n Maatskaplike werker, saam met mediese personeel, wou die baba wegneem omdat hulle gereken het sy is nie in ’n toestand om na haar baba om te sien nie. Volgens die jong ma was sy aangerand deur ’n sekuriteitswerker toe sy uit die saal wou stap om haar ma te gaan soek.

Louisa (58), Mabena se ma, sê haar hart is stukkend vir dit waardeur haar kind en kleinkind moes gaan. Sy sê die baba het ’n merk op sy rug as gevolg van die val. Die ouma het voorgestel dat die baba in haar sorg ontslaan word nadat ’n maatskaplike werker ook aan die ouma gesê het hulle is huiwerig om die baba in die ma se sorg te laat.

Kwara Kekana, die woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid, het gesê die departement sal die saak ondersoek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *