Gay huwelike: ‘God seën nie sonde nie,’ glo Katolieke kerk
Die Katolieke kerk voel dus dat gay huwelik nie bedoel is om deel uit te maak van God se plan nie.

Gay huwelike: ‘God seën nie sonde nie,’ glo Katolieke kerke Foto: People
VATIKAANSTAD. – Die Vatikaan het Maandag besluit die Katolieke Kerk mag nie mense van dieselfde geslag trou nie, omdat God “nie sonde seën nie”. Dit volg na vrae of gay huwelike geseën mag word onlangs opgevlam het.
Die kantoor van die Vatikaan, die Congregation for the Doctrine of the Faith, wat met kerkleerstellings belas is, het verduidelik hoekom huwelike wat uit dieselfde geslag bestaan nie geseën kan word nie en dit is ook in sewe tale gedruk.
“Gay huwelike nie deel van God se plan nie.”
sê die Congregation for the Doctrine of the Faith
Volgens die Vatikaan moet gays met waardigheid en respek behandel word, maar die fisiese verhouding van so ‘n paartjie is “intrinsiek versteurd”. Today berig Katolieke meen die huwelik, ‘n lewenslange verbintenis tussen ‘n man en ‘n vrou, is deel van God se plan om nuwe lewe te skep.
LEES OOK: Voormalige tesourier gevonnis na hy pa en vrou vermoor
Die Katolieke voel dus dat gay huwelik nie bedoel is om deel te maak van God se plan nie. Daarom kan dit nie deur die Katolieke kerk geseën word nie.
Die Vatikaan voeg by dat die seën van ‘n huwelik met dieselfde geslag die indruk kan skep van ‘n soort sakramentele gelykstelling aan die huwelik.
LEES OOK: Kleuter sluk battery in, sterf
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.