April 21, 2021

Nuwe brandstofpryse kan volgende maand skok

Die heffings sal op 7 April 2021 in werking treë.

Brandstof se pryse kan volgende maand skok

Brandstof se pryse kan volgende maand skok Foto: The South African

Nuwe brandstofpryse is in die pyplyn vir Suid-Afrikaners. Die brandstofprys kan glo volgende maand die hoogtes inskiet as gevolg van die hoër algemene brandstofheffing wat volgende maand in werking tree.

Die Automobiel-Assosiasie (AA), het Maandag in ’n verklaring gesê plaaslike brandstofpryse kan met soveel as 90 sent per liter vir petrol, 66 sent per liter vir diesel en 62 sent per liter vir paraffien styg.

LEES OOK: Pasop! Hoekom jy nie iemand se gesig in ’n koek moet druk nie

Nuwe brandstofpryse tree April in werking

Die styging sluit nie die algemene brandstofheffing en die heffing vir die Padongelukkefonds (POF) in nie en dit kan beteken dat petrol met soveel as R1.16 per liter en diesel met 92 sent per liter kan styg.

Die heffings sal op 7 April 2021 in werking tree.

LEES OOK: Miss Bachelorette-finalis wil vroue opbou

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: