April 19, 2021

Miss Bachelorette-finalis wil vroue opbou

“Ek het ’n passie vir mooi goed en mooi lyk.”

Miss Bachelorette-finalis wil vroue opbou

Miss Bachelorette-finalis wil vroue opbou Foto: Verskaf

Janine Natasha Nieklaasen (33), ’n finalis vir Miss Bachelorette SA, ’n skoonheidskompetisie vir vroue, wil ander vroue opbou en bemagtig.

Oud-Kimberliet

Oorspronklik ’n oud-Kimberliet, bly Janine nou in Johannesburg en wil sy haar drome in die skoonheidswêreld laat bewaarheid. “Die kompetisie vir vir elke vrou, van enige grootte, tussen die ouderdom 25 en 50, wat by die skoonheids- en modellewe wil betrokke raak.”

LEES OOK: Ma in hegtenis wat met kinders verdwyn

“My eerste doelwit is om vir vroue ’n stem te gee en die stigma rondom labels en vrae ‘soos wanneer trou jy’, ‘wanneer kry jy kinders’, ‘is daar iets fout met jou’, te breek. Om vir ander vroue te wys dit is oukei om dinge te doen wat jou gelukkig maak. As mooi lyk een van daai dinge is, doen dit. Dit is nooit te laat om jouself te vind nie. Vroue wat nie getroud is nie, moet nooit voel hulle is onwaardig nie. Jy is werd vir elke geleentheid wat die lewe gooi.”

Mamma van drie

Janine is ook die mamma van drie kinders (13, drie en twee jaar oud). “Hulle hou my konstant besig en bring soveel vreugde in my lewe.”

“Ek het ’n passie vir mooi goed en mooi lyk. Ek besef nou dat daar ’n tyd is vir alles in mens se lewe. ’n Tyd om te saai, ’n tyd om te huil, ’n tyd om te reflect en tyd om te lag. Wees altyd nederig en vriendelik. Jy weet nooit wat mense deurgaan nie. Ek het so baie van myself geleer en sosiale kontakte opgebou. Ek kan net God dank vir die geleentheid om Johannesburg te verteenwoordig, maar ek is ’n trotse Diamant van Kimberley.”

LEES OOK: Skoonma ruïneer bruid se groot dag

Finalis 2020

Janine is steeds ’n finalis sedert 2020, aangesien die finale rondte nie tydens die Covid-19-inperking gehou kon word nie.

Die Miss Bachelorette-finaal sal op 10 April 2021 plaasvind en die uitsending daarvan kan regstreeks hier gekyk word.

Indien jy vir Janine wil stem, kan jy MBSA JANINE na 33282 toe SMS. SMS’e kos R1.50 per SMS.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: