April 19, 2021

KYK: ‘Dronk’ verkeersbeampte in Lydenburg-winkel

In die video is duidelik dat betrokke verkeersbeampte onvas op sy voete deur ʼn winkel strompel, dan na buite struikel en met ʼn geboë hoof op ʼn stoel gaan sit.

Die voorval het Vrydagmiddag gebeur. (Foto: Skermgreep uit die video)

Die voorval het Vrydagmiddag gebeur. (Foto: Skermgreep uit die video)

LYDENBURG. – Video’s wat op sosiale media die rondte doen van ʼn ‘dronk’ spietkop, het die inwoners van Lydenburg in Mpumalanga warm om die kraag.

Die voorval het volgens die VF Plus Vrydagmiddag gebeur tydens ʼn aksie waartydens motoriste voorgekeer is om hul voertuig- en bestuurslisensies na te gaan.

Lees ook: Bishops ‘verkragtingsvideo’ van 15-jarige – leerlinge vervolg

In die video is dit duidelik dat die betrokke verkeersbeampte onvas op sy voete deur ʼn winkel strompel, dan na buite struikel en met ʼn geboë hoof op ʼn stoel gaan sit.

Die VF Plus het ʼn dringende skrywe gerig aan Mpumalanga se LUR vir veiligheid, sekuriteit en skakeling, Vusi Shongwe, om ʼn volledige ondersoek na die voorval te doen en aan die wetgewer te rapporteer.

Lees ook: Michiel Kühn: UK reageer op gerugte van topmatrikulant wat ‘weggewys is’

Volgens die VF Plus is die betrokke verkeersbeampte se optrede in stryd met sy burgerlike verantwoordelikheid. Gevolglik moet hy geskors word hangende die uitkoms van die ondersoek en indien skuldig bevind, moet daadwerklik teen hom opgetree word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: