LIMPOPO – Die polisie in Polokwane vra die publiek se hulp na Bianca Gerber (32) van die Doornbult-kleinhoewes, wat verdwyn het.
”Voorlopige ondersoeke van die polisie het aan die lig gebring dat sy die laaste keer op 28 Februarie 2021 deur haar pa gesien is. Haar selfoon is ook seder haar verdwyning af,” sê die polisie van Polokwane in ‘n verklaring.
Bianca Gerber by familie en vriende gesoek
Gerber is 1,6 meter lank en het tydens haar verdwyning ‘n wit blommerok aangehad. Die polisie het reeds by vriende en familie gaan soek, maar sonder enige sukses.
Gemeenskapslede met inligting oor waar sy haar bevind, word versoek om die ondersoekbeampte Peter Mangakeng by 0827289831 of Crime Stop 08600010111 te kontak.
LEES OOK: Petrus Groenewald (70) steeds vermis na hy spoorloos verdwyn
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



