September 27, 2021

Hawelose mans deur trein onthoof

KWAZULU-NATAL. – Die onthoofde liggame van twee hawelose mans is Dinsdagoggend ontdek.

KWAZULU-NATAL. – Die onthoofde liggame van twee hawelose mans is Dinsdagoggend ontdek. (Foto: RUSA Facebook)

KWAZULU-NATAL. – Die onthoofde liggame van twee hawelose mans is Dinsdagoggend in die omgewing van die Tongaat-treinstasie ontdek.

Volgens The South African het ’n verbyganger op die liggame van die twee mans afgekom wat vermoedelik vanoggend 03:20 deur ’n trein onthoof is. Die insident is om 06:20 rapporteer.

Omstandighede wat tot die voorval gelei het, is in hierdie stadium nog nie vasgestel nie.

Owerhede is besig om die saak te ondersoek. Tot dusver word geen vuilspel vermoed nie.

Beide die mans het vir ’n geruime tyd onder ’n brug gewoon en het glo gereeld op die treinspoor geslaap.

Lees ook: My hel op ‘Gummy Berry Juice’

Foto: RUSA Facebook

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *