April 19, 2021

Seun (9) sterf agt uur na Covid-simptome wys

“Drie weke na sy negende verjaardag het hy met ’n effense seer keel bed toe gegaan.”

“Hy was net so vol energie, so liefdevol en so vol omgee.” (Foto: ABC News)

“Hy was net so vol energie, so liefdevol en so vol omgee.” (Foto: ABC News)

TEXAS. – Agt ure na die negejarige JJ Boatman simptome van Covid-19 begin toon het, is hy oorlede.

Jason Boatman, JJ se pa, praat oor sy seun se dood na hy Covid-19 opgedoen het toe Texas in Januarie vanjaar weer ’n vlaag Covid-19-infeksies ervaar het.

“Dis moeilik om net te wil leef. Hy was letterlik die lewe in die huis,” vertel Jason. “Hy was net so vol energie, so liefdevol en so vol omgee. Dis moeilik om iemand soos hy te laat gaan. Hy het regtig voluit gelewe.”

Lees ook: Seuntjie (4) wat van vierde verdieping val, kritiek

Drie weke na sy negende verjaardag

Jason verduidelik hoe die koronavirus die klein JJ se lyfie oornag oorgeneem het. “Drie weke na sy negende verjaardag het hy met ’n effense seerkeel bed toe gegaan. Hy het wakkergeword en geskree hy kon nie asem kry nie.”

Jason sê hy was daardie dag reeds by die werk toe sy vrou hom bekommerd gebel het. “Sy het gesê hy is besig om blou te raak. Sy het gesê sy het hom nog nooit so gesien nie. Dit het haar doodbang gemaak.”

JJ het, in sy toestand, vooroor geval sy mond het begin bloei.

Jason se vrou het toe ’n ambulans gebel en daar is met JJ na ’n plaaslike hospitaal net buite Dallas gejaag. “Toe ek daar aankom, was hy wakker. Hy het aanhoudend bloed gespoeg. Hulle sou hom sedeer en dis die laaste ding wat ek onthou.”

Lees ook: Ses gewapende verdagtes gesoek ná plaasaanval

Longe vol vog

Dokters het hierna besef JJ se longe is vol vog en hulle het probeer om ’n pyp in sy keel te sit om hom te help asem kry, maar sy keel was reeds te opgeswel.  

Hospitaalpersoneel het in hierdie stadium besef JJ moet na ’n groter hospitaal geneem word, maar die oggendmis het dit vir die helikopter moeilik gemaak en hulle het kosbare tyd verloor.

“Hulle het vir 32 minute CPR op hom toegepas.”

Nie meer omkeer nie

“Hulle het gesê die breinskade wat hy opgedoen het, het spanning op sy ruggraat veroorsaak en daar was nie meer omkeer nie. Die dokters het my by hom laat lê sodat ek hom kon groet.”

Die dokter het later die oggend vir JJ gesê sy hart en longe se toestand vererger.

“’n Uur en ’n half later het sy vir my kom sê hy is weg. Hy was net weg.”

Alhoewel JJ met outisme en ADHD geleef het, sê dokters dat dit nie siektes is wat Covid-19-simptome vererger nie. Dit is nie bekend waarom die virus hom so gou doodgemaak het nie, maar ’n teorie is dat hy met die nuwe variant van die virus geïnfekteer was.

Het jy ‘n inspirerende, motiverende of emosionele storie om te vertel? Iets wat iemand anders dalk deur ‘n moeilike tyd sal help? Dalk ‘n wonderwerk wat jy ervaar het?

Stuur ‘n e-pos na [email protected] en dalk skryf ons oor jou!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: