September 27, 2021

Ses gewapende verdagtes gesoek ná plaasaanval

“Toe die eienaar uitgaan om die krag weer aan te sit, het die ses mans hom oorrompel.”

Hulle het hom by die huis inforseer waar hy en die res van sy familielede vir byna twee uur gyselaar gehou is. (Foto: GAC Risk Solutions)

Hulle het hom by die huis inforseer waar hy en die res van sy familielede vir byna twee uur gyselaar gehou is. (Foto: GAC Risk Solutions)

PRETORIA. – Die polisie is op soek na ses gewapende mans wat na bewering Woensdagaand om 19:00 op Honingnestkrans, ‘n plaas in Pretoria, toegesak het.

Gavin Smith, pastoor in die gebied, sê sy buurman se krag is deur die verdagtes afgesit. “Toe die eienaar uitgaan om die krag weer aan te sit, het die ses mans hom oorrompel.”

Hulle het hom by die huis inforseer waar hy en die res van sy familielede vir byna twee uur gyselaar gehou is. “Hulle het die kaste uitgegooi, TV’s in die motor gelaai, hulle bankkaarte gevat en bankbesonderhede gekry voor hulle uiteindelik daar weg is.”

Die verdagtes is ook met hulle wit Fortuner fort.

Volgens Smith het sy buurman hom vertel hoe die verdagtes aanmekaar deur die venster geloer en gesê het hulle moet pasop vir die pastoor. “Die plaas en die plek waar die kragboks is, is duidelik vooraf met klippe gemerk.”

Die Fortuner se registrasienommer is CR60KLGP.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *