Voormalige president FW de Klerk met kanker gediagnoseer

Deel hierdie storie / Share this story

FW de Klerk, laaste S.A.-president van die die apartheidsera, is met longkanker gediagnoseer.

Die FW de Klerk Foundation het in ‘n verklaring bekendgemaak De Klerk het op sy 85ste verjaardag aangekondig hy het kanker wat sy longweefsel aantas.

Lees ook: Vrou en kinders gered na hul glo op plaas aangehou en mishandel is

“Hy sal in volgende week met immunoterapiebehandeling begin. Daar is nie nou ‘n dringende bekommernis nie en ons is vol vertroue dat die behandeling suksesvol sal wees.”

In Oktober verlede jaar is sy seun Willem op die ouderdom van 53 aan kanker oorlede.

Lees ook: Twee betogende studente met gelaaide outomatiese geweer betrap