April 19, 2021

Troubeplanner glo weg met bruide se geld

Al die bruide wil hulle geld terughê en ander bruide van die afgryslike ervaring spaar.

Troubeplanner glo weg met bruide se geld

Troubeplanner glo weg met bruide se geld Foto: Tears of Joy

SUID-KAAP. – Sowat 20 bruide se drome lê aan skerwe nadat ’n troubeplanner van Mosselbaai glo hulle geld vir sy eie doeleindes gebruik het.

Die troubeplanner het na bewering die afgelope jaar niksvermoedende bruide van regoor die land uit ongeveer R1 miljoen bedrieg.

LEES OOK: Polisie soek verdagte wat kind van fiets af ry

Geld is weg

Volgens George Herald, is die geld na bewering in die besigheid se bankrekening betaal, waarna die eienaar die troue sou beplan, Net vir die paartjies om later vas te stel die meeste diensverskaffers, indien enige, is nie ten volle betaal nie.

Die eienaar van die besigheid is tans in die hospitaal opgeneem en volgens sy prokureur is die pandemie vir die vermiste geld te blameer.

Al die bruide wil hulle geld terughê en ander bruide die afgryslike ervaring spaar.

LEES OOK: Verkeerde onderdele lei tot lewenslange liefde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: