April 18, 2021

Wits-betogings: Twee studente met gelaaide outomatiese geweer betrap

Die studente, ’n24-jarige man en ’n 21-jarige vrou, sê motor is deursoek en beamptes het ’n Galil, ’n outomatiese geweer met ’n gelaaide magasyn, in die motor gevind.

Studente betoog in Braamfontein. (Foto: TimesLIVE)

Studente betoog in Braamfontein. (Foto: TimesLIVE)

BRAAMFONTEIN. – Twee studente wat aan die studentebetogings in Braamfontein deelgeneem het, is met ’n outomatiese geweer betrap.

Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, sê die studente is deur polisiebeamptes raakgesien toe hulle deur ’n straat in Braamfontein geloop en die geweer by hulle gedra het.  Hulle is dopgehou tot hulle in ’n motor geklim en weggery het. Die blitspatrollie het hulle in Aucklandpark in hegtenis geneem.

Lees ook: Studentevakbond hou vol met vereistes

Die studente, ’n 24-jarige man en ’n 21-jarige vrou, se motor is deursoek en beamptes het ’n Galil, ’n outomatiese geweer met ’n gelaaide magasyn, in die motor gevind.

Die studente sal na verwagting binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van n onwettige vuurwapen en ammunisie en die besit van ’n gevaarlike wapen.

Lees ook: Meisie (15) skenk geboorte en gooi baba weg

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: