April 18, 2021

Studentevakbond hou vol met vereistes

Die SAUS vereis dan ook dat meer klasse, smiddag en saans, aangebied word en so meer studente ingeneem kan word.

Volgens Mischek Mugabe, SAUS-president, is die grootste kwessie egter steeds die afskrywing van miljarde rande se studenteskuld. (Foto: Reuters)

Volgens Mischek Mugabe, SAUS-president, is die grootste kwessie egter steeds die afskrywing van miljarde rande se studenteskuld. (Foto: Reuters)

Die studentevakbond South African Union of Students (SAUS) weier om in te gee voor daar nie aan sy lys van vereistes voldoen is nie.

Dié kwessie gaan oor baie meer as net studenteskuld en probleme met die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS). Van hulle vereistes sluit in dat toelaes betyds aan studente betaal word, dat studente wat nie vir NSFAS kwalifiseer nie ook gratis kan studeer, dat klasgelde met 0% moet styg, dat nagraadse studente ook befondsing ontvang.

Lees ook: Meisie (15) skenk geboorte en gooi baba weg

Volgens Mischek Mugabe, SAUS-president, is die grootste kwessie egter steeds die afskryf van miljarde rande se studenteskuld.

Mugabe het ook gesê hulle vereis dat universiteite toelaat dat studente wat verlede jaar weens Covid-19 en ‘n gebrek aan die internet swak presteer het, registreer.

Die SAUS vereis dan ook dat meer klasse, smiddag en saans, aangebied word en so meer studente ingeneem kan word.

Lees ook: Onderwys-LUR besoek skool na skokvideo van aanranding op seun

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en innovering, het gesê hy sal sy departement se begroting verander om die studenteskuld te kan dek.

Hy sê ook die departement is nog besig om inligting in te win in verband met studente met skuld wat toegelaat word om te registreer.

Het jy ‘n inspirerende, motiverende of emosionele storie om te vertel? Iets wat iemand anders dalk deur ‘n moeilike tyd sal help? Dalk ‘n wonderwerk wat jy ervaar het? Stuur ‘n e-pos na [email protected] en dalk skryf ons oor jou!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: