April 19, 2021

Meisie (15) skenk geboorte en gooi baba weg

In ’n video wat vandag in die hof in Engeland gespeel is, vertel die seuntjie hoe hy ongeveer twee uur na die meisie se ma hulle gelos het, by die trappe opgeloop het en die tienermeisie opgekrul in ’n plas bloed gevind het. Hy het haar glo gevra wat fout is en haar antwoord was dat haar neus bloei.

Die meisie moes vir ’n paar uur na die agtjarige seuntjie kyk en dis in dié tyd dat sy geboorte gegee het. (Foto: Unsplash)

Die meisie moes vir ’n paar uur na die agtjarige seuntjie kyk en dis in dié tyd dat sy geboorte gegee het. (Foto: Unsplash)

ENGELAND. – ’n Tienermeisie (15) se hofsaak het vandag voorgekom na dit aan die lig gekom het dat sy in 2018, terwyl sy ’n 8-jarige seuntjie opgepas het, geboorte gegee het. Sy het daarna haar babatjie in ’n asdrom gegooi het omdat sy geglo het hy is dood.

Die polisie het op die babalykie afgekom toe hulle ondersoek gaan instel het ná Blackpool Victoria-hospitaalpersoneel agterdogtig geraak het toe hulle die meisie vir vaginale bloeding moes behandel.

Die meisie moes vir ’n paar uur na die agtjarige seuntjie kyk en dis in dié tyd dat sy geboorte gegee het.

Lees ook: Skoolhoof laat glo leerling (11) deur ontlasting vir selfoon krap

In plas bloed gevind

In ’n video wat vandag in die hof in Engeland vertoon is, vertel die seuntjie hoe hy ongeveer twee uur na die meisie se ma hulle gelos het, by die trappe opgeloop het. Hy het die tienermeisie opgekrul in ’n plas bloed gevind. Hy het haar glo gevra wat fout is en haar antwoord was dat haar neus bloei.

Die seuntjie het weer na die leefkamer teruggekeer en na ’n rukkie het hy die meisie, met ’n hoop klere op die tafel, in die kombuis gekry. Hy het gesê hy het “die baba gehoor huil” en die “twee klein voetjies en beentjies” gesien, maar die meisie het vir hom gesê dis ’n pop.

Met skok besef sy het gejok

Hy het met skok besef dat sy vir hom gejok het ná hy op Google vasgestel het dat 15-jariges wel kan swanger word.

Die meisie (nou 18) hou vol dat sy nie die babatjie in ’n plastieksak en klere toegedraai het voor sy hom in die asdrom gesit het nie. Sy sê hy het geen bewegings of geluide gemaak nie en daarom het sy gedink hy is dood.

Toe die meisie se ma uiteindelik tuiskom, het sy ’n ambulans gebel om haar bloeiende dogter na die Blackpool Victoria-hospitaal te neem.

Lees ook: Meisie (15) skiet verkragter dood terwyl hy haar verkrag

Ook vermoed sy is swanger

Sy het glo ook vermoed haar dogter was swanger, maar omdat ’n toets negatief gewys het, het sy haar nie veel daaraan gesteur nie.

Gareth Willis, ’n ondersoekbeampte in die saak, sê die meisie het die dag van die insident verskeie soektogte op Google gedoen. Terme soos ‘Hoekom pyn my maag so vreeslik’, ‘Hoekom kom bloed by my vagina uit’ of ‘Hoe om ’n naelstring te knip’, is gebruik.

Volgens die polisie is daar genoeg bewyse teen die meisie om haar aan te kla, maar na ’n CPS-ondersoek is die saak laat vaar. – Daily Mirror

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: