April 21, 2021

Theuns Jordaan: Gerugte op Facebook oor ICU onwaar

Jordaan is in September 2020 met leukemia gediagnoseer.

Theuns Jordaan: Gerugte oor ICU glo onwaar

Theuns Jordaan: Gerugte oor ICU glo onwaar Foto: Facebook

SUID-AFRIKA. – Aanhangers van Theuns Jordaan, die bekende Soos Bloed-sanger, was gisteraand bekommerd toe gerugte op Facebook versprei het dat die sanger ‘n terugslag gehad het en kritiek in die ICU lê.

Theuns Jordaan het vanoggend aan Kaapstad Radio bevestig hy is nie, soos inskrywings op Facebook beweer, in die ICU nie.

LEES OOK: Beweerde seksvideo tussen gevangeniswag en gevangene lek glo uit

“Ja, dis nie waar nie. Ek was met genade nie in die ICU nie. Ek’s nog op skedule met genade en gebede,” wys Kaapstad Radio Jordaan se boodskap op hulle Facebook-blad. Ander bekendes soos Ricus Nel en Cordelia het ook op Facebook bevestig hy is nie kritiek nie.

Theuns Jordaan is in 2020 met kanker gediagnoseer

Jordaan is in September 2020 met leukemie gediagnoseer. In Desember was die kanker reeds in remissie. Aanhangers op die Theuns Jordaan-ondersteuningsgroep beweer hy het moontlik ‘n terugslag gehad met sy beenmurgoorplanting.

Steve Hofmeyr het ook ‘n boodskap oor Jordaan op sy blad gesit: “Het met my maat gepraat. Hy is nie in ICU nie. Theuns sterk goed aan en dit is die beste nuus. Ou maat, as jy dié lees, ons bid, dink en droom jou uit die hospitaal uit terug in ons lewens. Ons verwag nog jare se goeie werk uit jou pen en stemkas.”

LEES OOK: Man glo in hondehok gesit, eis nou R1.5 miljoen van polisie

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: