April 18, 2021

As maatjies jou dogtertjie vet noem

Ouers kan kragtige middele wees om liggaamsvertroue op te bou.

As maatjies jou dogtertjie vet noem

As maatjies jou dogtertjie vet noem Foto: Woman's Day

Dit is skokkend, maar nie verbasend nie, dat jong kinders die woord vet as wapen gebruik om ander kinders seer te maak. Hulle kyk immers hoe grootmense dit al hulle hele lewe lank doen.

Dalk is jou dogtertjie die skraalste in die bondel of dalk het sy ’n bietjie babavet wat om haar lyfie sit. Die belangrikste is hoe jy die situasie hanteer, want dit kan haar verhouding met haar liggaam vir die res van haar lewe positief of negatief beïnvloed.

LEES OOK: KYK!: Vier lokomotiewe ontspoor

Neem jou kind se kommer ernstig op

Vra jou dogter hoe śy oor haar lyf voel en bespreek dit dan met haar. Doen dit op die manier wat jy alledaagse gesprekke sal aanvoor.

Ouers is kragtige modelle om liggaamsvertroue op te bou of af te breek. Wees bedag op hoe jy oor jou liggaam, haar liggaam en ander mense se liggame praat. Verduidelik vir haar mense moet nooit ooit skaam gemaak word vir hulle liggame nie.

Moenie gewigsverlies of ’n dieet aanmoedig nie

Die aanmoediging van gewigsverlies sal die mening van liggaamsboelies bevestig. Dit sal die boodskap uitstuur dat, ja, haar liggaam is eintlik lelik, ongesond, oorgewig en sy kan nie met kos vertrou word nie.

Bemagtig jou kind om op te staan ​​teen opsetlike lelike gedrag

Kinders weet goed dat dit opsetlik lelik en wreed is om iemand vet te noem. Leer jou kind om op te staan en iets te sê soos: ‘Dit is lelik’ of ‘Sulke goed maak seer, mens sê nie dit nie.’

Kinders wat wegkom met kwetsende kommentaar, sal dit aanhou doen.

As jy jou kind leer om vir hulleself en ander op te staan, help dit ook om hul gevoel van eiewaarde op te bou. Dit versterk ook hulle geloof dat hulle nie verdien om so behandel te word nie.

Gee baie liefde

As jou kind die teiken van sulke opmerkings is, moet jy vir haar baie liefde, aandag en positiewe, opbouende terugvoer gee. Herinner haar daaraan hoe wonderlik sy is en moedig haar aan om eerder tyd saam met maats deur te bring wat haar goed laat voel.

LEES OOK: ‘Dit was wonderlik toe my broekgrootte al hoe kleiner raak’

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: