April 21, 2021

‘Dit was wonderlik toe my broekgrootte al hoe kleiner raak’

“Ek was so skaam en toe die skaal boonop sê 114.5 kg vir my Kort 1.65 m lyf, het daar iets in my kop gebeur.”

‘Dit was wonderlik toe my broekgrootte al hoe kleiner raak’

‘Dit was wonderlik toe my broekgrootte al hoe kleiner raak’ Foto:Verskaf

“Ek het so 13 of 14 jaar gelede baie gewig verloor met verslankingsmiddels, maar soos met alle ‘magic weightloss’-pilletjies was dit net tydelik en het ek alles weer opgetel.”

Chantel Roos (43), ’n huisvrou op ’n wildsplaas naby Luckhoff, waar haar man bestuurder is, sê sy was nog altyd oorgewig. Hier deel sy haar inspirerende storie van gewigsverlies met FiND iT.

Rug, knieë en enkels gee probleme

“My rug, knieë en enkels het vir my begin probleme gee as gevolg van die swaar vrag wat hulle elke dag moes dra, maar die strooihalm wat die kameel se rug gebreek het, was toe ek nie meer op ’n perd se rug kon klim sonder dat iemand die saal moes vashou sodat hy nie skuif nie.”

“Ek was so skaam en toe die skaal boonop sê 114.5 kg vir my kort 1.65 m-lyf, het daar iets in my kop gebeur.”

LEES OOK: Wenke om jou gin op te kikker

Begin met Banting

“Ek het daardie selfde dag van 7 September 2020 met Banting begin. Ek het Banting gekies omdat dit ’n volhoubare leefstyl is en omdat dit maklik genoeg gelyk het.”

“Daar was regtig niks moeilik daaraan nie. Jy eet heerlike, voedsame maaltye en ly nie honger nie. Die sentimeters het vinnig afgekom en die kilo’s het gevolg.”

Fantastiese gevoel

“Dit was soos ’n heerlike droom om die een na die ander broekgrootte te verloor…44…42…40….38 en ek is nou ’n 36.”

“Ek is nog 9 kg weg van my doelwit af, maar sal nooit weer van die Banting-wagon afklim nie. Dit is ’n ongelooflike gevoel om ‘normale’ grootte klere te kan koop.”

Ondersteuningsnetwerk

“Ek het ongelooflik baie ondersteuning van my man en my twee kinders af gekry. My skoonsuster, wat nie eers oorgewig is nie, het ter wille van spangees saam met my Banting begin volg.”

Vir die toekoms

“Ek sal baie graag, wanneer ek my teikendoelwit bereik, ’n WhatsApp-groepie wil stig vir mense wat ook moedeloos voel. Met tips, tricks en resepte. Almal het nie altyd die ondersteuning van familie of vriende nie en ek glo om ’n ondersteuningsnetwerk te hê, dra baie by tot mens se sukses.”

Boodskap aan ander

“Vir ander mense, wat soos ek, ongelukkig, skaam en depressief voel oor hul gewig en wat al alles van die R400-eetlusdempers tot die R1 000-inspuitings probeer het, sal ek sê:  Dit is alles onnatuurlik en op die lange duur ongesond. Dit is nie volhoubaar nie. Al wat werk, is ’n gesonde leefstyl.”

LEES OOK: Dit is net hare waar jy kyk!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: