April 21, 2021

Beweerde seksvideo tussen gevangeniswag en gevangene lek glo uit

Mense wat die video in besit het word deur die departement gevra om dit nie meer op sosiale media te deel nie.

Beweerde seksvideo tussen gevangeniswag en gevangene lek glo uit

Beweerde seksvideo tussen gevangeniswag en gevangene lek glo uit Foto: Times Live, ANA

KWAZULU-NATAL. – Die Departement van Korrektiewe Dienste is ontsteld en verleë na ‘n beweerde seksvideo tussen ‘n vrouebeampte en ‘n mansgevangene sy verskyning gemaak het. Die voorval het in die Ncome-tronk in Vryheid plaasgevind.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement, het in ‘n verklaring aan FiNDiT gesê seksuele aktiwiteite tussen gevangenes en korrektiewe beamptes is skandelike voorvalle wat nooit toegeskryf kan word aan wat van die amptenare verwag word nie.

Dissiplinêre stappe sal geneem word

“Daar word verwag dat korrektiewe amptenare ‘n sekere gedragskode sal nakom. Dade van seksuele aktiwiteite met gevangenes sal nooit geduld word nie,” sê Nxumalo.

Die departement sê die individue in die video is reeds geïdentifiseer. Daar sal stappe teen die amptenaar wat glo in die video betrokke is, geneem word. Volgens Nxumalo sal sy ook onmiddellik dissiplinêr verhoor word. Daar is ook reeds stappe teen die gevangene geneem.

Moenie seksvideo versprei, vra departement

Mense wat die video gesien het, beweer op Facebook daar kan gesien word hoe ‘n gevangene ‘n opname-toestel opstel oomblikke voor twee mense voor die skerm begin soen.

Mense wat die video in besit het, word deur die departement gevra om dit nie meer op sosiale media te deel nie.

LEES OOK: Pastoor skuldig aan nog verkragtings van minderjariges

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: