April 18, 2021

Vrouens sit tabak in geslagsdele om libido te verhoog

Nog ginekoloë het mense gewaarsku om nie tabak op dié manier te gebruik indien hulle swanger is nie.

Vrouens sit tabak in geslagsdele gesit om libido te verhoog

Vrouens sit tabak in geslagsdele om libido te verhoog Foto: cbn.co.za

SENEGAL. – Dokters stuur ‘n waarskuwing uit na vrouens regoor die wêreld, hoofsaaklik in Wes-Afrika, om nie tabak aan hulle geslagsdele aan te wend nie. Die fyngemaakte droë tabakblare word gemeng met onder andere fyngemaakte boomwortels. Dit word aan die geslagsdele aangewend in die hoop om onder andere hul seksdrang te bevorder.

LEES OOK: Maskers ruik soos vroulike privaatdele, verkoop vinnig

All4Women berig ‘n vrou in haar 50’s het met scidev.net gepraat en beweer sy het gesukkel om swanger te raak totdat sy die tabakpoeier begin gebruik het. Alhoewel daar baie bewerings oor die voordele van die gebruik van tabak in die vroulike geslagsdele is, beklemtoon gesondheidswerkers daar is geen wetenskaplike basis vir die bewerings nie. Daar is wel wetenskaplike bewyse dat die aanwending van tabak in die vagina skadelik is.

Vrouens gewaarsku teen tabak in geslagsdele

Mirror het ook vroeër die jaar oor dié neiging berig en mense gevra om dit nie te doen nie. Professor Pascal Foumane, ‘n ginekoloog aan die Universiteit van Yaoundé, verduidelik hierdie gebruik kan lei tot ‘n verskeidenheid komplikasies, insluitend kankeragtige groeisels en abnormale menstruasie.

Het groot nadele tot gevolg

Nog ginekoloë waarsku vroue om nie tabak op dié manier te gebruik indien hulle swanger is nie. Dit kan tot daartoe lei dat babas doodgebore word.

Kos of produkte wat nie in geslagsdele behoort nie kan die pH van die vagina versteur. Dit kan tot urienweginfeksies, gis- of bakteriële infeksies (BV) lei.

LEES OOK: KYK: Klant in supermark gebruik G-string as masker

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: