HENNENMAN. – ‘n Video wat wys hoe ‘n man glo in ‘n hondehok agterop ‘n polisievoertuig gesit en vervoer is, is vir die eerste keer op Facebook te sien na dit glo in 2019 gebeur het.
Die video is deur OFM gedeel. OFM berig die saak rakende die video sal in die hooggeregshof in Bloemfontein voorkom. Die slagoffer eis R1,5 miljoen skadevergoeding vir die pyn en lyding wat tydens die “onmenslike” en “onwettige” inhegtenisneming verduur is.
Die slagoffer het glo 15 dae na die voorval self ‘n saak geopen en ’n speurder is aan die saak toegewys. Tot vandag toe is daar glo geen vordering nie.
Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie bewus is van die voorval en daar ondersoek ingestel sal word na die saak.
LEES OOK: KYK: Klant in supermark gebruik G-string as masker
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



