April 18, 2021

Britney Spears – Wat gaan aan?

Britney het in die algelope 12 jaar na haar ineenstorting voortgegaan om herhaaldelik deur die wêreld te toer, verskeie albums vrygestel en aan ’n verskeidenheid televisieprogramme gewerk.

Wat gaan aan met Britney Spears?

Wat gaan aan met Britney Spears? Foto: DNA India

Britney Spears (39) is sedert 2008 nie meer in beheer van haar eie lewe nie, vandat sy ’n senuwee-ineenstorting gehad het en haar pa voogdyskap oor haar sake gegee is.

Aanhangers van die Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, danser en aktrise het in 2019 die #freebritneyspears-beweging begin om Britney se lewe vir haar “terug te gee”.

Britney Spears se ineenstorting

Britney is onder voogdyskap geplaas ná haar baie openbare ineenstorting in 2008. Na ’n jaar van skynbaar wisselvallige gedrag – soos om haar kop te skeer en ’n paparazzi se motor met ’n sambreel aan te val – is die sangeres in ’n psigiatriese hospitaal vir ’n evaluering opgeneem.

LEES OOK: Platmaagwater – resep

Destyds het Jamie Spears, Britney Spears se pa, ’n beroep op die howe gedoen om ’n noodsaaklike ‘tydelike’ voogdyskap, met verwysing na die feit dat sy dogter te midde van haar geestesgesondheidstryd nie in staat was om behoorlik na haarself te kyk en haar finansies te hanteer nie.

Van daar af is Jamie die reg gegee om toesig te hou oor en besluite te neem rakende Britney se finansies, gesondheid, saketransaksies en persoonlike lewe, wat hy tot 2019 bestuur het.

Red Britney Spears

Aanhangers meen Britney het in die algelope 12 jaar na haar ineenstorting voortgegaan om herhaaldelik deur die wêreld te toer, verskeie albums vry te stel en aan ’n verskeidenheid televisieprogramme gewerk.

Hulle voel dit is nou tyd dat sy weer beheer oor haar eie lewe en sake terugkry.

LEES OOK: Voel jy uitgebrand? Word so gesond

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: