April 18, 2021

Hond met panga aangeval

Mia se been kan nie gered word nie, aangesien die slag reguit deur die been is en die been nou geamputeer moet word.

Hond met panga aangeval

Hond met panga aangeval Foto: Swellendam SPCA

WAARSKUWING: Foto in artikel kan sensitiewe lesers ontstel.

SWELLENDAM. – Mia, ’n hond, is op 14 Maart 2021 met ‘n panga aangeval en haar been moet nou geamputeer word. Die Swellendam Dierebeskermingvereniging (DBV) het ’n oproep ontvang van ’n hond wat in die Hessequa- munisipale distrik met ’n panga aangeval is.

Been moet geamputeer word

Mia se been kan nie gered word nie, aangesien die slag van die panga reguit deur die been is. Die been moet nou geamputeer word. Dr. Fourie van die Swellendam-dierehospitaal het tot Mia se redding gekom en sy is nou stabiel. Sy bly tans in dr. Fourie se sorg.

LEES OOK: ‘Dit was wonderlik toe my broekgrootte al hoe kleiner raak’

Saak word oopgemaak

’n Saak van dieremishandeling is ingevolge die Wet op Dierebeskerming 71 van 1962 geopen.

As jy ’n bydrae wil lewer tot die koste van Mia se behandeling en chirurgie, kan jy so maak by:

SPCA
Nedbank
Rekeningnommer: 1020480890
Takkode: 132105
Verwysing: MIA

LEES OOK: As maatjies jou dogtertjie vet noem

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: