CALIFORNIë. – ‘n Aanhanger van die bekende egpaar, Megan Markle en prins Harry, Anastasia Hanson (56) van Kalifornië, het ‘n fonds gestig op GoFundMe. Hiermee het sy gehoop om ‘n fondsinsameling te begin waarmee sy Meghan en prins Harry se landgoed in Kalifornië kan afbetaal.
Die stigter van die fonds wil hulp verleen
“Toe hulle na die VSA gekom het, was hulle sonder werk en met beperkte fondse. Hulle het gesê hulle het ‘n baie moeilike tyd gehad. Gevolglik is hierdie fondsinsameling ‘n manier om hulp, medelye en liefde te gee deur hul huislening ten volle te betaal. Ek verbind myself tot die geestesgesondheid, rassegelykheid, diversiteit en inklusiwiteit waaroor daar die laaste tyd gepraat is,” het sy op die fondsinsamelingsbladsy geskryf.
LEES OOK: Theuns Jordaan: Gerugte op Facebook oor ICU onwaar
Die blad is toegemaak
Die fonds en blad is gestig na die paartjie’n onderhoud met Oprah gehad het. Harry het daarin gesê hy is finansieel afgesny. Hy het verder gesê hulle moet ook vir hulle eie sekuriteitswagte betaal.
Die blad is egter na net ‘n paar dae toegemaak en toegang daartoe kan nie meer verkry word nie. Dit het net onder £80 as donasies ontvang.
LEES OOK: Vrouens sit tabak in geslagsdele om libido te verhoog
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



