Poskantoor beroof, mans wat pakkie met bakstene wou pos vlug glo met geld
Die een gewapende verdagte het toe na bewering die bestuurder gedwing om die kluis oop te sluit.

Poskantoor beroof, mans wat pakkie met bakstene wou pos vlug glo met geld Foto:unplash.com
BLOEMFONTEIN. – Twee mans het na bewering hulself as kliente voorgedoen en gemaak asof hulle ‘n pakkie, wat met bakstene gevul is, by die poskantoor wou pos, voor hulle glo die plek beroof het.
Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes het die middag by die poskantoor ingegaan en gemaak asof hulle ‘n pakkie wou pos. Makhele sê die veiligheidshek moes oopgesluit word sodat die pakkie daardeur aangevat kom word.
Poskantoor van geld beroof
Die een gewapende verdagte het toe na bewering die bestuurder gedwing om die kluis oop te sluit. Die verdagtes het ‘n onbekende bedrag geld in bokse gepak en gevlug.
Makhele sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
LEES OOK: Mansgevangene en vrouebeampte in beweerde seksvideo is nie getroud
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.