April 21, 2021

Vrou en kinders gered na hul glo op plaas aangehou en mishandel is

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê daar was ook gerugte dat die man sy 15-jarige stiefdogter seksueel mishandel het en sy 10-jarige stiefseun fisies mishandel het.

’n Familielid van die slagoffers, wat op Despatch woon, het die polisie in kennis gestel van die vrou en haar twee kinders wat glo teen hulle wil op ’n plaas in Keimoes gehou word. (Foto: Unsplash)

’n Familielid van die slagoffers, wat op Despatch woon, het die polisie in kennis gestel van die vrou en haar twee kinders wat glo teen hulle wil op ’n plaas in Keimoes gehou word. (Foto: Unsplash)

KEIMOES. – Die polisie het gister ’n 47-jarige man op ’n plaas op Keimoes in hegtenis geneem op aanklagte van die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie en die oortreding van die wet op gesinsgeweld, insluitend emosionele, seksuele en fisiese aanranding.

’n Familielid van die slagoffers, wat op Despatch woon, het die polisie in kennis gestel van die vrou en haar twee kinders wat glo teen hulle wil op ’n plaas op Keimoes gehou word.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê daar was ook gerugte dat die man sy 15-jarige stiefdogter seksueel en sy 10-jarige stiefseun fisies mishandel het. Hy het sy vrou ook na bewering sedert Februarie emosioneel mishandel.

Gamieldien sê die polisie het vlugtig op die inligting reageer en die man is in die besit van ’n pistool en ’n tuisgemaakte haelgeweer betrap. Hulle het ook ammunisie in sy besit gevind. Die pistool se reeksnommer is afgeskuur.

Volgens Gamieldien verskyn die man binnekort in die Keimoes-landdroshof.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: