Een dood, twee beseer in ongeluk op R545

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA. – Een persoon is dood en twee ander beseer in ’n ongeluk wat Woensdagmiddag op die R545 in Phola, Nkangela, plaasgevind het.

Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê verslae dui daarop dat twee voertuie gebots het. Paramedici het die persone op die toneel geassesseer en het gesien een is oorlede.

Paramedici het die persone op die toneel geassesseer en het gesien een is oorlede. (Foto: Verskaf)
Paramedici het die persone op die toneel geassesseer en het gesien een is oorlede. (Foto: Verskaf)

Lees ook: Meisie (15) skenk geboorte en gooi baba weg

Die twee beseerde persone is op die toneel behandel voor hulle na die hospitaal geneem is vir behandeling.  

Lees ook: SA se paaie van die gevaarlikste ter wêreld