April 18, 2021

SA se paaie van die gevaarlikste ter wêreld

Nuwe navorsing dui daarop dat Suid-Afrika se paaie onder die gevaarlikste paaie in die wêreld val.

Alhoewel Suid-Afrika beplan om die toegelate alkoholpersentasie na 0 te verlaag, is daar twyfel of dit regtig ’n verskil sal maak. (Foto: 2Oceansvibe)

Alhoewel Suid-Afrika beplan om die toegelate alkoholpersentasie na 0 te verlaag, is daar twyfel of dit regtig ’n verskil sal maak. (Foto: 2Oceansvibe)

Nuwe navorsing dui daarop dat Suid-Afrika se paaie onder die gevaarlikste paaie in die wêreld tel.

Zutobi se analise het faktore soos die aantal sterftes tydens motorongelukke, die spoedgrens en aantal persone wat veiligheidsgordels dra, in ag geneem om ‘n punt uit tien te kry. Suid-Afrika het hier die laagste punt, 3,23, gekry. Thailand het ‘n punt van 4,35 en die Verenigde State ‘n punt van 5,09 gekry.

Lees ook: Meisie (15) skenk geboorte en gooi baba weg

As jy die getal verkeerssterftes as ‘n persentasie van die bevolking uitwerk, is Suid-Afrika egter nié die dodelikste land in die wêreld nie. Thailand span hier die kroon met 32,7 uit 100 000 van die bevolking. Suid-Afrika volg kort op sy hakke met 25,9 sterftes.

Nog ’n faktor wat teen Suid-Afrika getel het, is die persentasie alkoholverwante sterftes op die paaie. Alhoewel Suid-Afrika beplan om die toegelate alkoholpersentasie na 0 te verlaag, is daar twyfel of dit regtig ’n verskil sal maak.

Klik hier vir wenke vir ’n veiliger rit wanneer jy die paaie aandurf.

Het jy ‘n inspirerende, motiverende of emosionele storie om te vertel? Iets wat iemand anders dalk deur ‘n moeilike tyd sal help? Dalk ‘n wonderwerk wat jy ervaar het? Stuur ‘n e-pos na [email protected] en dalk skryf ons oor jou!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: