April 21, 2021

Tronkstraf vir beskuldigde na hy man wat sy meisie per ongeluk raakry, aanrand

Paar meter van die voorval het hy die bakkie gestop en die vrou gaan probeer help.

Wraak: Man rand bestuurder aan wat sy meisie per ongeluk raak rys

Wraak: Man rand bestuurder aan wat sy meisie per ongeluk raak rys Foto:Unplaah.com

KIMBERLEY. – Die beskuldigde, Michael Monnapule Marema, is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy George Monnapule Motheo, wat sy meisie raakgery het, geslaan het. Motheo het daarna aan sy beserings beswyk.

Die beskuldigde se meisie het in die pad geloop toe sy skielike pyn ervaar het. ‘n Voetganger het haar gesien en hulp aan haar verleen. Hy het die verkeer probeer reguleer, aangesien sy glo effens in die pad was en hy was bang ‘n motor ry haar raak.

LEES OOK: Man doodgeskiet na hy glo verkeerdelik deur polisie geïdentifiseer is

Beskuldigde kry 15 jaar tronkstraf

Motheo, in ‘n Toyota Hilux-bakkie, het per ongeluk Marema se meisie raakgery. Paar meter van die voorval het hy die bakkie gestop en die vrou gaan probeer help. Sy is op die toneel dood.

Marema het op die toneel aangekom en Motheo begin slaan. Hy het op die grond geval en die beskuldigde het aanhou slaan. Motheo is na ‘n hospitaal geneem waar hy oorlede is.

Marema is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

LEES OOK: Pastoor skuldig aan nog verkragtings van minderjariges

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: